At That Point
  • home
  • our story
  • our services
  • your resources
  • SA Industry News

Jou reputasie: traak dit jou werkgewer?

22/7/2014

0 Comments

 
Picture
- Hierdie artikel het verskyn in Sake24 op 18 Maart 2014 -

“Reputasie is ‘n belegging,” sê Juanita Vorster, eienaar van bemarkingskommunikasie agentskap At That Point. “Die reputasie van ‘n persoon beïnvloed hoeveel hy/sy vertrou word as vriend, raadgewer en werknemer. Dit is dus belangrik om deurgaans tyd te spandeer om jou persoonlike reputasie te bou en verfyn.”

“Wanneer ons verwys na iemand se reputasie, verwys ons na ons eie direkte of indirekte ervaring van die persoon,” verduidelik Vorster. “Die beloftes wat die persoon maak oor ‘n tydperk, gekombineer met die uitvoering, of dan nie, van daardie beloftes, is wat op die ou end gesien word as iemand se reputasie.”

Werknemers moet bewus gemaak word van die impak van hul persoonlike reputasie opdie van die maatskappy waarvoor hulle werk. ‘n Blasé benadering tot die impak van reputasie is baie gevaarlik, en het al vir menige flaters met ernstige gevolge gesorg, vir beide individue en maatskappye.

Mense koop by mense, nie by maatskappye nie

Bewyse hiervan word gestaaf deur die uitslae van die 2014 Edelman Trust Barometer, ‘n jaarlikse verslag wat aandui hoe vertroue van jaar na jaar verander, en hoe koper besluite gebasseer word op vertroue. Die nuutste verslag wys dat daar tussen 2009 en 2014 aansienlike groei was in die vertroue wat verbruikers het in gewone werknemers en iemand met wie hulle as individu kan identifiseër, eerder as die boodskappe wat deur middel van advertensie gekommunikeer word. Selfs die hoof van ‘n maatskappy het nie meer die grootste invloed op hoe verbruikers besluite neem nie.

Nie net wat gesê word nie, maar wie saam praat

Digitale platforms skep geleenthede vir individue en organisasies om te direk kontak te maak met persone en groepe wat gewoonlik ontoeganklik was. Die positiewe gevolg hiervan is maklike toegang na inspirasie, motivering en hulp van verskeie oorde, alles met ‘n minimum moeite. Deur aktief deel te neem aan digitale gesprekke bou ‘n individu sy/haar reputasie, beide in die digitale en fisiese realiteit.

“Die gemak van interaksie op digitale platforms dra egter die risiko dat ‘n persoon se reputasie negatief beïnvloed kan word deur nie net dit wat hy/sy self op die platforms plaas nie, maar deur die mense wat hulle toelaat om saam te praat,” waarsku Vorster. “’n Vriend wie se kommentaar afbreek maak aan ander, of fotos van die naweek se sportspan prestasie vieringe wat effe verder gegaan het as wat betaambaar is, of selfs net ‘n boodskap met ‘n swetswoord in wat uit pure frustrasie geplaas is, kan ‘n andersins vlekkelose reputasie beskadig.”

“Al hoe meer werkgewers gebruik digitale sosiale platforms soos Facebook, Twitter en LinkedIn om hulle te help om ‘n besluit te neem oor wie die ideale kandidaat vir ‘n pos is. Indien die werkgewer hul persepsie basseer op ‘n werksoeker se aanlyn reputasie, en dit strook nie met die kultuur of verwagting van die werkgewer nie, is die kans dat selfs die aanvanklike perfekte kandidaat nie verder in ag geneem sal word vir die pos nie.”




0 Comments



Leave a Reply.

    Archives

    November 2020
    September 2020
    July 2020
    April 2020
    February 2020
    January 2020
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    January 2017
    July 2016
    February 2016
    January 2016
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    June 2015
    February 2015
    January 2015
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    February 2014
    January 2014

    Categories

    All
    Adapt
    Authenticity
    Bemarking
    Branding
    Business Leads
    Communication
    Communication And Marketing Strategy
    Communication Channels
    Competition
    Consumer Trends
    Content Creation
    Content Marketing
    COVID-19
    Doing Things Differently
    Effective
    Follow Up
    Follow-up
    Follow Up On Business Leads
    Grow Business
    Grow Revenue
    Industry Associations
    Leadership
    Lead Fostering
    Leads
    Management
    Marketing
    Marketing Trends
    Objectives
    Outsourcing
    PR
    Real
    Reputation
    Respect
    Sales Growth
    Social Media
    Strategy
    Target Audience
    Trust
    Truth
    Video
    Video Creation
    Video Production
    Webinars

    RSS Feed

CONTACT US

office [at] atthatpoint [dot] co [dot] za
© COPYRIGHT 2025
ALL RIGHTS RESERVED
  • home
  • our story
  • our services
  • your resources
  • SA Industry News